More or less, the musings of a graduate of a Scottish university, born in New York, formerly resident in South Africa, and now living in London.
@cusackandrew: RT @YiddishProject: A man should stay alive if only out of curiosity - A mentsh zol leben shoin nor fun neigerikeit vegen

’n Indiese woning in die Moederstad

Kaapstad het ’n bietjie van die Himalajas

Twee versamelaars van suid-Asiatiese kuns het ’n subkontinentale woning in ’n Kaapstadse meenthuis geskep. Die huis was die onderwerp van ’n artikel deur Johan van Zyl in ’n onlangse uitgawe van Visi-tydskrif met hierdie foto’s van Mark Williams. Die algehele effek is ’n bietjie “over the top” vir my, maar die verleiding van die Oriënt sal nooit ophou. (Bo: ’n Paar van marmer-olifante uit Udaipur wagte by die hoofingang).

“In ’n nou keisteenstraat aan die rand van die Kaapse middestad staan ’n huis met ‘n geskiedenis” Mnr van Zyl skryf. “Toe dit in 1830 vir Britse soldate gebou is, het die branders nog digby die voordeur geklots, en nie lank daarna nie het Lady Anne Barnard hier sit en peusel aan ’n geilsoet vy wat ’n slaaf vir haar gepluk het, stellig van dieselfde boom wat nou in die huis se (nuwe) trippelvolume-glashart staan, ’n knewel met ’n vol lewe agter die blad.”

“’n Dekade of twee gelede het die reeds luisterryke geskiedenis van die huis ’n eksotiese dimensie bygekry toe twee toegewyde versamelaars — selferkende stadsjapies wat destyds in die modebedryf werksaam was — hier kom nesskop met hulle groeiende versameling Indiese oudhede.”

’n Uitsig vanaf die binnehof. Links na die deure is die ingaang na die gastekamer.

Die verhitte swembad is uitgevoer met panele van groen marmer.

Die teehuis (my gunsteling deel van die huis) kyk uit oor die binnehof. Die hang-bank het ’n omkeerbare rugleuning.

Die eetkamertafel is gedek met ’n 14-stuk eetservies, spesiaal gemaak vir die Baroda-paleis in Gujarat, met die koninklike wapenskild in goud gedruk. Die marmer in die vloer kom al die pad uit Jaisalmer in Rajasthan.

’n Statenbijbel dalk?

Die slaapkamer.

Die badkamer, met versonke marmer bad.

Die spieelraam en kandelare is uit Florence, nie Indië nie.

NOTA: Weer, ek hoop die Afrikaans-sprekers sal my arme kennis van die taal verskoon. Regstelling is baie welkom!

Monthly Archives
Categories
Donate
Click here to make a financial contribution towards the expense of maintaining andrewcusack.com.
 
8 Comments so far
  1. 3 March 2010
    9:30 pm

    Did you write that in Afrikaans? After living there only a few months? Remarkable.

    Andrew
  2. 3 March 2010
    11:40 pm

    When you love a language — and have a dictionary — all things are possible!

    Andrew Cusack
  3. 4 March 2010
    4:42 pm

    Congratulations nonetheless. Germanic languages are not so easy as Latin ones for Americans.

    Andrew
  4. 4 March 2010
    7:09 pm

    Really? For me, it’s the exact opposite. All those years studying hard in French! You don’t see any blog posts en français around here. But then I find Afrikaans more warm and inviting, whereas French though I love it is a touch formal and cold. Je respecte la langue française, mais j’embrasse la langue afrikaans!

    Andrew Cusack
  5. 5 March 2010
    4:33 am

    Je ne connais pas la langue afrikaans, mais la français est très importante pour entendre la culture de toute europe, compris aussi l’Angleterre et la Écosse.

    Andrew
  6. 8 March 2010
    1:14 pm

    Andre die beeld met die ‘swembad’ is mooi, maar die ding is te klein om ‘n swembad te wees. Dit is ‘n bron, ek se.

    Terry tastard
  7. 10 March 2010
    7:34 pm

    Miskien ’n ‘waadbad’ dan?

    Andrew Cusack
  8. 11 March 2010
    8:50 am

    Ja, sekerlik. Alles klaar. Baie dankie.

    Terry tastard
Post a comment

Name (required)

Email (required)

Website

Comment

 

About | Contact | RSS Feed | Categories | Twitter | Facebook
ALL TEXT © ANDREW CUSACK 2004-PRESENT UNLESS OTHERWISE STATED