More or less, the musings of a graduate of a Scottish university, born in New York, formerly resident in South Africa, and now living in London.
@cusackandrew: Visited Erskine Childers' old regiment in London tonight. His name on the Boer War roll of honour was pointed out with ironic pride.

Die Nuwe Kanselier

Johann Rupert is die 14de seremoniële hoof van die Universiteit van Stellenbosch

Mnr Johann Rupert, ’n afgesonderde sakeman en die seun van een van Suid-Afrika se bekendste entrepreneurs, is om die nuwe kanselier van Stellenbosch Universiteit. Dit is baie goeie nuus vir die universiteit en vir die taal, soos is mnr Rupert ’n vurige verdediger van Afrikaans. Waneer die Britse ontwerp- en leefstyltydskrif Wallpaper beskryf die taal soos “the ugliest language in the world”, Rupert — voorsitter van die Switserse luukse goedere conglomeraat Richemont — het alle advertensies vir sy groep se merken van die tydskrif verwyder. Die tydskrif het miljoene ponde in inkomste verloor, uit prominente Richemont maatskaapye soos Cartier (juweliers), Vacheron Constantin (horlosiemakers), Montblonc (penne), en Alfred Dunhill. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die AKTV, en ander kulturele organisasies het Rupert se optrede geondersteun.

Agtergrond van die oudste seun

Johann is die seun van die wyle entrepreneur en omgewingsbewaarder Anton Rupert, en Stellenbosch is sy tuisdorp. Hy het ook studeer ekonomie aan Stellenbosch Universiteit, wat verleen hom ‘n eredoktorsgraad in 2004. In sy vroeë jare in die sakewêreld, mnr Rupert het vir Lazard Frères in New York vir drie jaar gewerk, maar hy terug na Suid-Afrika in 1979 om Rand Merchant Bank te oprig. In 1988, Rupert stig die Compagnie Financière Richemont, en hy is nog steeds voorsitter. Ten spyte van sy rykdom, hy die soeklig vermy, en die Financial Times noem hom “reclusive”. Die selfde koerant bynaam hom “Rupert the Bear” vir sy korrek pessimistiese ekonomiese voorspellings.

’n Sterk kampvegter vir Afrikaans

Die Burger, die Kaap se koerant van rekord, sê: “Hoewel die pos van kanselier grootliks seremonieel is, kan ’n mens verwag dat iemand van Rupert se statuur en ywer ook hier sy rol op ’n vars en innoverende wyse sal vervul.”

“Sy openbare rekord as deeglike sakeman en uitsonderlike entrepreneur spreek immers vanself,” sê die koerant. “Rupert se uitmuntende sakeleierskap en visie het hom reeds verskeie toekennings op internasionale en nasionale vlak besorg. Hieronder tel Mees Invloedryke Leier in Suid-Afrika (drie keer), een van die internasionale leiers van die toekoms en handevol ander toekennings.”

“Die Burger het natuurlik sélf bande met Rupert. Hy is ’n vorige sakeleier van die jaar van dié koerant en en die Kaapstadse Sakekamer. Buite die sake-arena is Rupert ’n sterk kampvegter vir Afrikaans en is hy nou betrokke by sportontwikkeling.”

“Die mantel van kanselier val op hom in ’n tyd van besondere uitdagings aan tersiêre inrigtings. Maties self worstel met die uitdagings van transformasie en veral met die kwessie van Afrikaans as onderrigmedium. Daar kan verwag word dat Rupert ook by die US ’n sterk en rigtinggewende rol sal speel.”

NOTA VIR AFRIKAANS-SPREKENDES: Ek hoop dat u my arme grammatika sal verskoning. Dit is nie my moedertaal nie, maar ek hou van die taal.

Monthly Archives
Categories
Donate
Click here to make a financial contribution towards the expense of maintaining andrewcusack.com.
 
3 Comments so far
  1. 4 December 2009
    5:14 pm

    Baie goed, Meneer! Joune grammatika is goed. Ek verstaan jou, (ebenso) ek praat nie die Taal nie! ;-D

    Mark M
  2. 6 December 2009
    1:18 pm

    Nou, heel goed hoor – ik versta het prima ondanks het Amerikaanse accent!

    Michiel V.
  3. 7 December 2009
    2:14 pm

    Haai, maar ek velang! Alhoewel ek vir jare die taal op skool geleer, en dit gedurende my nationale diensplig en in my daglikse lewe in SA gebruik het, kon ek dit nooit so suiwer geskryf as u dit hierbo geskryf het nie. En u is vir net ses maande in die land! Dis ongelooflik. Ek is vreeslik beindruk Mnr. Cusack.

    Ek wens ek kon vir u ‘n bottel van Spier se beste cabinet sauvignon (of pinotage) skenk. Puik gedoen!

    David Allen
Post a comment

Name (required)

Email (required)

Website

Comment

 

About | Contact | RSS Feed | Categories | Twitter | Facebook
ALL TEXT © ANDREW CUSACK 2004-PRESENT UNLESS OTHERWISE STATED